SPELRELS: LOTTO

1. INLEIDING ..................................................................................................... 13
2. DEFINISIES ..................................................................................................... 13
3. LOTTO TREKKING ........................................................................................ 18
4. HOE LOTTO GESPEEL WORD ........................................................................ 19
5. KANSELLASIE VAN 'N KAARTJIE ................................................................... 11
6. VEELVULDIGE TREKKINGS .......................................................................... 12
7. VERIFIRINGSVEREISTES TEN OPSIGTE VAN KAARTJIES ........................... 12
8. BETWISTE KAARTJIES .................................................................................... 14
9. EINDE VAN SPEL EN OPEISPERIODE ............................................................ 14
10. POSINKSRYWINGS ........................................................................................ 14
11. VERANTWOORDELIKHEID VIR KAARTJIES .................................................. 18
12. AANKOOP- EN PRYSBEPERKINGS ................................................................. 19
13. VERSPREIDING VAN INLIGTING OOR WENGETALLE .................................. 20
14. BETALING VAN PRYSE EN EISVORMS ........................................................... 21
15. ALGEMEEN .................................................................................................... 25
16. BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID .................................................................. 26
17. WENKOMBINASIES ........................................................................................ 27
18. PRYSPOTTE .................................................................................................... 29
19. TERUGBETALINGS ONDER BEPAALDE OMSTANDIGHEDE .......................... 32
20. BINDENDE BESLUITE VAN UTHINGO .......................................................... 34
21. WETGEWING .................................................................................................. 35
22. ANDER TALE .................................................................................................. 35

Alle navrae, klagtes of versoeke om uitslae van Trekkings kan telefonies,
skriftelik of oor die Internet aan die Die Nasionale Lotery gerig word:
 Speler Thusong 0800 40 30 40 Tolvry
 Privaatsak X72 Auckland Park, 2006
 Webtuiste [http://www.national-lottery.co.za]
KONTAKBESONDERHEDE VIR DIE NASIONALE LOTERY
KANTORE VAN DIE NASIONALE LOTERY
 Hoofkantoor
16e Vloer
SABC Radio Park
Henley-weg
Auckland Park
Johannesburg
 Louville Plein
Vredestraat
Bellville
Kaapstad
1 e Vloer, Westelike Vleuel
First Technology House
Armstronglaan 72
La Lucia
Durban
 20 Malcomess Park
St George's-weg
Oos-Londen
 1e Vloer, Blok E
Crownwood Kantoorpark
Noordelike Parkryweg 100
Ormonde
Johannesburg
 The Pinnacle 4
Parkinstraat 1
Nelspruit
 Grondvloer
Blok B
Liberty Life Plein
Glynnstraat
Hatfield
Pretoria
 Grondvloer
ABSA Gebou
Maitlandstraat 94
Bloemfontein


1.0 INLEIDING
1.1 Uthingo Management (Edms) Bpk ('Uthingo') is ingevolge die
Wet op Loterye (No. 57 van 1997) gelisensieer om die Nasionale
Lotery en Samestellende Spele in Suid-Afrika te bedryf en te
bevorder.
Hierdie rels is van toepassing op die spel Lotto wat deel vorm van
die Nasionale Lotery.
2.0 DEFINISIES
2.1 Die onderstaande woorde en terme beteken die volgende wanneer
dit binne die omvang van hierdie Rels aangewend word, tensy 'n
ander betekenis duidelik uit die konteks blyk:
Bord of Spelbord 'n Rooster getalle tussen 1 en 49 en die
identifiserende letter wat daaraan gekoppel
is en wat saam 'n enkele Spelbord op 'n
Lotto Koepon vorm.
Bonusgetal Die getal wat tydens 'n Trekking op
ewekansige wyse getrek word uit die
oorblywende drie-en-veertig (43) getalle,
direk na die trekking van die Hoofgetalle.
Afgestelde Trekking Enige Trekking wat om geen ander rede as
die verval, opskorting of opheffing van
Uthingo se lisensie ingevolge Artikel 17 van
die Wet nie plaasvind nie.
Eisvorm Die gedrukte vorm soos uitgereik deur
Uthingo wat 'n Speler moet invul en saam
met 'n Geldige Wenkaartjie by Uthingo moet
indien om in aanmerking te kom vir
bepaalde pryse soos in hierdie Rels
gespesifiseer.

Eiser 'n Persoon wat binne die toepaslike
eisperiode soos in hierdie Rels gestipuleer
'n eis indien om 'n Lotto-prys.
Foutiewe Kaartjie 'n Kaartjie wat ten tyde van die aankoop
daarvan geskend, onleesbaar of onvolledig is
of waarop die woorde "ongeldig" of "nie vir
verkoop" of enige soortgelyke bewoording
verskyn.
Trekking Die proses wat gebruik word om 'n
ewekansige stel Wengetalle te selekteer.
Getalletrekker 'n Toestel wat deur Uthingo gebruik word
en deur die Nasionale Raad op Loterye
gemagtig is vir die ewekansige trekking van
Wengetalle.
Inruilkaartjie Die kaartjie wat deur die Terminaal uitgereik
word wanneer 'n Veelvuldige Kaartjie
aangebied word vir betaling (met dien
verstande dat die aangebode Kaartjie nog
geldig is vir toekomstige Trekkings) waarop
die oorblywende aantal Trekkingsdatums
waarvoor die kaartjie geldig is, aangetoon
word.
Bord of Spelbord 'n Rooster getalle tussen 1 en 49 en die
identifiserende letter wat daaraan gekoppel
is en wat saam 'n enkele Spelbord op 'n
Lotto Koepon vorm.
Spel Die spel bekend as Lotto van die Nasionale
Lotery.
Hovlakprys 'n Prys groter as R50 000.
2.0 DEFINISIES (vervolg)

Lotto Koepons 'n Voorafopgestelde kaart wat deur Uthingo
verskaf word en waarop die getalle waaruit 'n
Speler sy keuse kan maak, verskyn. Daar
mag verskillende Spelborde op een Lotto
Koepon voorkom. Die lisensie waarvolgens
die Suid-Afrikaanse Nasionale Lotery bedryf
word, verwys na 'n Koepon as 'n
Betaalkaartjie.
Lotto 'n Getallespel waarin 'n speler ses getalle
selekteer uit 'n rooster met 'n
voorafbepaalde reeks getalle. Hierdie getalle
word op 'n Koepon gemerk. Die Kaart word
dan ingelees deur 'n elektroniese terminaal
by 'n kleinhandelaar. Die geselekteerde
getalle word op 'n sentrale rekenaar vasgel
deur middel van 'n kommunikasienetwerk.
'n Lotto Kaartjie word uitgedruk en dien as
die Speler se rekord van die getalle wat vir 'n
bepaalde trekking gekoop is.
Laevlakprys 'n Prys tussen R1 en R2 000, albei bedrae
ingesluit.
Posinskrywing 'n Prosedure wat deur Uthingo in gebruik
geneem is en wat 'n lid van die
Deelnemende Publiek in staat stel om aan
meer as een Lotto Trekking deel te neem
sonder om 'n Kaartjie by 'n Kleinhandelaar
te koop.
Hoofgetalle Die ses getalle wat tydens 'n Trekking op
ewekansige wyse getrek word uit die reeks
1-49, albei getalle ingesluit.
Middelvlakprys 'n Prys tussen R2 001 en R50 000, albei
bedrae ingesluit.
2.0 DEFINISIES (vervolg)

Lotto Koepons 'n Voorafopgestelde kaart wat deur Uthingo
verskaf word en waarop die getalle waaruit 'n
Speler sy keuse kan maak, verskyn. Daar
mag verskillende Spelborde op een Lotto
Koepon voorkom. Die lisensie waarvolgens
die Suid-Afrikaanse Nasionale Lotery bedryf
word, verwys na 'n Koepon as 'n
Betaalkaartjie.
Lotto 'n Getallespel waarin 'n speler ses getalle
selekteer uit 'n rooster met 'n
voorafbepaalde reeks getalle. Hierdie getalle
word op 'n Koepon gemerk. Die Kaart word
dan ingelees deur 'n elektroniese terminaal
by 'n kleinhandelaar. Die geselekteerde
getalle word op 'n sentrale rekenaar vasgel
deur middel van 'n kommunikasienetwerk.
'n Lotto Kaartjie word uitgedruk en dien as
die Speler se rekord van die getalle wat vir 'n
bepaalde trekking gekoop is.
Laevlakprys 'n Prys tussen R1 en R2 000, albei bedrae
ingesluit.
Posinskrywing 'n Prosedure wat deur Uthingo in gebruik
geneem is en wat 'n lid van die
Deelnemende Publiek in staat stel om aan
meer as een Lotto Trekking deel te neem
sonder om 'n Kaartjie by 'n Kleinhandelaar
te koop.
Hoofgetalle Die ses getalle wat tydens 'n Trekking op
ewekansige wyse getrek word uit die reeks
1-49, albei getalle ingesluit.
Middelvlakprys 'n Prys tussen R2 001 en R50 000, albei
bedrae ingesluit.
2.0 DEFINISIES (vervolg)

Getalkombinasie Een stel van ses getalle soos deur 'n Speler
geselekteer op een Bord van 'n Lotto
Koepon en op 'n Kaartjie aangedui of, in die
geval van posinskrywings, 'n
Posinskrywingsertifikaat, uitgereik ingevolge
hierdie Rels.
Reeksnommer Die unieke getal wat deur die sentrale
Uthingo-rekenaar toegeken en op 'n Kaartjie
gedruk word wat, onderworpe aan hierdie
rels, voorsiening maak vir die verifiring
van die Kaartjie as 'n geldige Wenkaartjie al
dan nie. Die Reeksnommer mag moontlik
'n syferkode of 'n strepieskode wees of enige
ander vorm aanneem.
Intekenaar 'n Persoon wat 'n aansoek om 'n
Posinskrywing invul welke deur Uthingo
aanvaar word.
Terminaal Die toestel wat Kaartjies druk en
Wenkaartjies verifieer.
Kaartjie 'n Kaartjie wat as deel van Lotto deur 'n
Terminaal uitgereik word en deur 'n
gemagtigde Kleinhandelaar op 'n
gemagtigde wyse verkoop word.
Geldige Wenkaartjie 'n Wenkaartjie wat voldoen aan al die
verifiringsvereistes van Uthingo soos
uiteengesit of na verwys in hierdie Rels.
Wengetalle Die Hoofgetalle en een Bonusgetal wat
gebruik word om die weninskrywings te
bepaal.
2.0 DEFINISIES (vervolg)

3.0 LOTTO KAARTJIE
3.1 Die Lotto Kaartjie sal weekliks op 'n Saterdag of enige ander dae
soos bepaal deur Uthingo in oorleg met die Nasionale Raad op
Loterye.
3.2 Tydens elke Kaartjie sal sewe (7) balle op ewekansige wyse getrek
word uit die Getalletrekker waarin nege-en-veertig (49) balle
genommer van 1 tot 49 geplaas is.
3.3 Die eerste ses (6) getalle wat getrek word is die Hoofgetalle en die
sewende getal is die Bonusgetal.
3.4 Getalle word as getrek beskou wanneer 'n bal in die vertoonarea op
die voorkant van die Getalletrekker te ruste kom.
3.5 Alle Trekkings sal in die teenwoordigheid van 'n onafhanklike
ouditeur plaasvind.
3.6 Die Wengetalle van die Trekking is die getalle wat getrek is en sal
onmiddellik na die Trekking skriftelik aangeteken word deur 'n getuie
soos beskryf in Rel 3.5 hierbo.
3.7 Indien 'n Trekking ongeldig verklaar word ingevolge die toepaslike
prosedures of onderbreek word as gevolg van 'n toerustingweiering
sal 'n ander Trekking gehou word om die Wengetalle te bepaal. Enige
getalle wat alreeds getrek is sal nog steeds geldig wees en slegs die
oorblywende balle sal getrek word.
3.8 Indien die Trekking nie op die geadverteerde datum of vasgestelde
tyd kan plaasvind nie, sal dit so gou as wat prakties moontlik is na
die betrokke datum of tyd geskied.
3.9 Alle Trekkings sal so ver moontlik lewendig uitgesaai/aangebied word.
Beide 'n beeld- en klankopname sal gemaak word en deur Uthingo
behou word. Versuim van Uthingo om die Trekking op te neem of
die bande te behou, of gedeeltelike of algehele weiering van tegniese,
elektronies, of meganiese toerusting wat gebruik is om die Trekking
uit te saai of op te neem, sal nie die Trekking ongeldig maak nie.

3.0 LOTTO KAARTJIE (vervolg)
4.1 Elke Spelbord kos R2.50, 14% BTW ingesluit.
4.2 Die koste van 'n Veelvuldige Kaartjie is die totale koste van die
geselekteerde Spelborde vermenigvuldig met die aantal Trekkings
waarvoor die Speler ingeskryf het.
4.3 Lotto Koepons sal gratis deur Uthingo by alle kleinhandelaars
beskikbaar gestel word.
4.4 Lotto Koepons word uitsluitlik vir die gerief van Spelers uitgereik en
het geen geld- of pryswaarde nie en geld nie as bewys van deelname
of die getalle wat geselekteer is nie. Behalwe in die geval van 'n
posinskrywing, sal 'n Geldige Wenkaartjie die enigste geldige gronde
wees waarop 'n prys opges kan word.
4.5 'n Speler mag 'n minimum van een Spelbord op enige gegewe Lotto
Koepon speel.
4.6 Spelborde mag in enige volgorde geselekteer word.
4.7 Spelers moet ses (6) getalle uit die voorafbepaalde getalle 1 tot 49,
albei getalle ingesluit, met die hand met 'n swart of blou pen of
potlood op een of meer Spelborde afmerk.
4.8 Indien 'n Speler van 'n Veelvuldige Kaartjie gebruik wil maak, moet
hy/sy sy/haar Getalkombinasie(s) op die betrokke Borde op die Lotto
Koepon afmerk en die betrokke blokkie op die Lotto Koepon invul
om die aantal Lotto Trekkings waarvoor hy/sy Getalkombinasie(s)
ingeskryf moet word, te bepaal.
3.10 Uthingo is onder geen verpligting om enige betalings te maak ten
gunste van 'n getal wat verkeerdelik tydens 'n Trekking aangekondig
is nie. In so 'n geval sal die getuie soos in 3.5 beskryf die korrekte
getalle soos in Rel 3.6 aangeteken, bevestig.
4.0 HOE LOTTO GESPEEL WORD

4.0 HOE LOTTO GESPEEL WORD (vervolg)
4.9 Vir die doeleindes van die "Aantal Trekkings"-blokkies op die Lotto
Koepons, sal die eerste week beskou word as 'n periode beginnende
op die eerste beskikbare Saterdag soos deur die Speler geselekteer
en eindigende onmiddellik voor die Trekking op dieselfde dag van
die volgende kalenderweek, die betrokke Trekking uitgesluit. Die
volgende week sal begin op en vanaf en insluitend die Trekking op
dieselfde dag van die volgende kalenderweek. Daaropvolgende weke
sal op dieselfde wyse bepaal word.
4.10 Die voltooide Lotto Koepon en die toepaslike verskuldigde bedrag
sal dan by die Kleinhandelaar ingedien word. Die Kleinhandelaar
sal die voltooide Lotto Koepon deur die Terminaal voer. 'n Kaartjie
waarop elke getalkombinasie soos aangedui op die Kaart aangedui
word sal dan aan die Speler uitgereik word.
4.11 Lotto Koepons sal deur die Kleinhandelaar, of gemagtigde personeel,
deur die Terminaal gevoer word en Kaartjies sal slegs deur die
Terminaal uitgereik word.
4.12 Indien die Terminaal die Lotto Koepon verwerp, is die inskrywing
nie geldig nie.
4.13 Kaartjies kan by enige verkoopspunt gekoop word waarvan die
terminaal tussen 06.00 en 18.00 op Sondae, 06.00 tot 23.00 Maandae
tot Vrydae en tot 45 minute voor die Trekking op Saterdagaande
aktief is. Die stelsel sal afgesluit word vir die Trekking (die
Trekkingsonderbreking) en sal na die Trekking nie voor die
Sondagoggend begin om Kaartjies te verkoop of pryse uit te betaal
nie.

5.0 KANSELLASIE VAN 'N KAARTJIE
5.1 Onderworpe aan paragraaf 5.2 soos hieronder uiteengesit, mag 'n
Kaartjie, buiten 'n Inruilkaartjie wat onderworpe is aan die bepalings
van 6.1, gekanselleer word in die geval van 'n fout indien dit binne 2
ure na aankoop daarvan terugbesorg word aan die Terminaal waar
dit uitgereik is, maar wel voor Kaartjieverkope gesluit word op
Trekkingsdae, en indien die Kaartjie gekanselleer kan word deur die
strepieskodeskandeerder en die optiese aftaster op die Terminaal.
Indien die Kaartjie wat gekanselleer moet word nie deur die
strepieskodeskandeerder en/of die optiese aftaster gelees kan word
nie, word daar van die Kleinhandelaar vereis om met Uthingo in
verbinding te tree om die kansellasie te laat goedkeur.
5.2 'n Kaartjie wat op die dag van die Trekking gekoop en geldig is vir
daardie dag se Trekking mag slegs gekanselleer word indien dit binne
2 URE na aankoop daarvan terugbesorg word by die Terminaal waar
dit uitgereik is of voordat kaartjieverkope vir die betrokke Trekking
gesluit word, welke tydstip ookal vroer is.
5.3 By kansellasie van 'n Kaartjie sal die Speler geregtig wees op 'n
terugbetaling van die Kleinhandelaar gelykstaande aan die
verkoopprys van die Kaartjie.
5.4 Die Kleinhandelaar sal die gekanselleerde Kaartjie, asook die
kansellasie-goedkeuring wat deur die Terminaal uitgereik is, behou.

7.1 Voordat enige pryse ten gunste van enige Kaartjie uitbetaal word,
moet die kaartjie geverifieer word in ooreenstemming met Uthingo
se verifiringsprosedures. Uthingo se beslissing oor of die Kaartjie
geldig is of nie is finaal en bindend. Behoudens die algemene aard
van die voorafgaande, sal Uthingo geregtig wees om 'n Kaartjie
ongeldig te verklaar, en gevolglik onder geen verpligting wees om
enige pryse uit te betaal nie, indien:
7.1.1 Die Kaartjie gekanselleer is, hetsy in ooreenstemming met Uthingo
se gewone kansellasieprosedure of nie.
7.1.2 Die Kaartjie vervals is, gedeeltelik of in geheel vervals is of nie die
toepaslike sekuriteitstoets vir die wyse waarop dit gespeel is, slaag
nie.
7.1.3 Die Kaartjie geskend, gewys, onleesbaar of onvolledig is of op enige
aan gepeuter is.
7.1.4 Die Kaartjie nie voor die sperdatum soos gespesifiseer in Rel 9.1
deur Uthingo of die Kleinhandelaar ontvang is nie.
7.0 VERIFIRINGSVEREISTES VIR KAARTJIES
6.0 VEELVULDIGE TREKKINGS
6.1 Indien 'n prys uitbetaal word op 'n Veelvuldige Kaartjie wat nog
geldig is vir toekomstige Trekkings, sal 'n Inruilkaartjie saam met
die prysgeld uitgereik word aan die eienaar of die Eiser in
ooreenstemming met Uthingo-prosedures.
6.2 'n Veelvuldige Kaartjie sal slegs in ooreenstemming met Rel 5 hierbo
gekanselleer kan word en wel voor die eerste Trekking waarvoor die
Kaartjie uitgereik is. Geen Inruilkaartjies wat uitgereik is nadat 'n
kaartjie in 'n Veelvuldige Trekking gespeel is, sal gekanselleer word
nie.

7.1.5 Die Reeksnommer van 'n klaarblyklike Wenkaartjie nie op Uthingo
se lys Reeksnommers of Wenkaartjies verskyn nie of 'n uitbetaling
reeds vantevore ten gunste van 'n Geldige Wenkaartjie met dieselfde
Reeksnommer gemaak is.
7.1.6 Die Kaartjie nie op Uthingo se lys van Kaartjies wat vir die bepaalde
Trekking verkoop en ingeskryf is, soos op die sentrale Uthingo-rekenaar
aangeteken, verskyn nie of die inligting op die Kaartjie nie
in alle opsigte ooreenkom met die rekenaarrekord van die betrokke
Kaartjie nie.
7.1.7 Enige getal op die Kaartjie nie volledig gedruk is of nie ten volle
leesbaar is nie.
7.1.8 Die Kaartjie nie op 'n gemagtigde wyse deur Uthingo of 'n Nasionale
Lotery Kleinhandelaar verkoop of uitgereik is nie.
7.1.9 Behalwe in die geval van Posinskrywings, is 'n Kaartjie die enigste
geldige bewys dat ingeskryf is vir 'n betrokke Trekking en is 'n
Geldige Wenkaartjie die enigste geldige instrument waardeur 'n prys
opgees kan word.
7.1.10 'n Eiser sal slegs geregtig wees om die hoogste pryskategorie
waarvoor die geverifieerde Kaartjie in aanmerking kom op te eis en
nie op enige ander laer pryskategorie of onopgeesde pryse in die
betrokke Trekking of pryspot nie.
7.1.11 Uthingo behou die reg om die uitbetaling van enige prys te weerhou
totdat hulle volkome tevrede is ten opsigte van die geldigheid van
enige Kaartjie en die Eiser se bona fides, en behoud die reg om 'n
bewys van identiteit of eisgeregtigheid te vra.
7.1.12 Uthingo behou die reg om enige Eiser vir sekuriteitsdoeleindes te
fotografeer.
7.0 VERIFIRINGSVEREISTES VIR KAARTJIES (vervolg)

9.1 Pryse moet nie later nie as om 23: 00 uur op die 365ste dag na die
datum waarop die Wentrekking van die betrokke Spel plaasgevind
het, opgeis word. Enige pryse wat nie binne hierdie periode opgeis
word nie sal verbeur word. Indien 'n prys oor die pos opgeis word,
moet die Kaartjie en Eisvorm binne hierdie periode by die adres op
die keersy van die Kaartjie deur Uthingo ontvang word. Eisvorms is
beskikbaar by alle Kantore van die Nasionale Lotery en
Kleinhandelaars.
10.1 Spelers wat deur middel van 'n Posinskrywing aan Lotto wil deelneem
eerder as om by 'n Kleinhandelaar deel te neem, kan 'n aansoekvorm
bekom deur met die Nasionale Lotery in verbinding te tree.
10.2 'n Posintekenaar moet 18 jaar of ouer wees.
10.3 Om in te skryf, moet 'n voltooide aansoekvorm om 'n Posinskrywing
saam met die vereiste betaling of magtiging tot betaling aan die
Nasionale Lotery gestuur word, gerig aan die adres soos op die vorm
aangedui.
10.0 POSINSKRYWINGS
9.0 EINDE VAN SPEL EN OPEISPERIODE
8.1 Indien 'n dispuut tussen Uthingo en die eienaar van 'n Kaartjie of
Eiser ontstaan oor of 'n Kaartjie 'n Geldige Wenkaartjie is al dan nie,
en die prys wat ten gunste van die Kaartjie opgeis is nog nie betaal
is nie, mag Uthingo, volledig volgens eie diskresie, die koste van die
Kaartjie aan die eienaar of eiser vergoed of die betwiste Kaartjie met
'n Kaartjie vir enige huidige Lotto Spel met 'n gelykwaardige
verkoopprys vervang. Dit sal die enigste en eksklusiewe remedie aan
die eienaar van die Kaartjie of die Eiser wees, en sodanige vergoeding
of vervanging sal Uthingo volledig onthef van enige aanspreeklikheid
ten opsigte van sodanige dispuut.
8.0 BETWISTE KAARTJIES

10.4 Betaling kan per geldwissel, tjek, kredietkaart of direkte
debietmagtiging ten bedrae van die vereiste bedrag geskied en moet
aan die Nasionale Lotery betaalbaar gemaak word.
10.5 Enige Posinskrywing wat per geldwissel, tjek of direkte debiet-magtiging
betaalbaar is en waarvoor die volle vereffende betaling
nie voor die datum waarop dit 'n Weninskrywing sou geword het,
indien die gelde volledig betaal was, deur Uthingo ontvang is nie, is
geldig en sal onder geen omstandighede die houer daarvan op enige
pryse geregtig maak nie.
10.6 Indien 'n Intekenaar se betaling ten opsigte van 'n Lotto Trekking
geweier is, sal die the Intekenaar se getalkombinasie(s) nie vir die
betrokke Trekking ingeskryf word nie.
10.7 Uthingo mag volgens eie diskresie weier om 'n Posinskrywing te
aanvaar.
10.8 By aanvaarding van 'n voltooide Posinskrywingsaansoek en die volle
betaling (vereffende fondse) sal Uthingo dit verwerk en 'n
Posinskrywingsertifikaat ("die Sertifikaat") rig aan die adres wat op
die vorm ingevul is. Die Sertifikaat bevat besonderhede oor die Speler
se Getalkombinasie soos in die sentrale rekenaarstelsel aangeteken,
met inbegrip van 'n identifiserende inskrywingsnommer.
10.9 Getalkombinasies en die name van Intekenaars of Ontvangers mag
nie verander word nadat dit in die sentrale rekenaarstelsel opgeneem
is nie.
10.10 'n Posinskrywing word as ontvang deur Uthingo beskou op die da-tum
van die eerste Trekking wat op die Sertifikaat aangeteken is.
10.11 Buiten vir die bepalings wat hierna gestel word, bevestig die Sertifkaat
dat die Intekenaar elk van die Roosters soos aangedui deur die
Sertifikaat vir die aangetekende aantal Trekkings wat vanaf en
insluitende die aanvangsdatum op die Sertifikaat deur Uthingo
gehou word, gekoop het.
10.0 POSINSKRYWINGS (vervolg)

10.0 POSINSKRYWINGS (vervolg)
10.12 Skriftelike kennis moet gegee word van enige adresveranderings ten
opsigte van die Intekenaar of die Ontvanger en deur die Intekenaar
of Ontvanger onderteken word, met verskaffing van besonderhede
oor die verandering en insluiting van die Posinskrywingsnommer.
Die kennisgewing moet aan die adres van die Nasionale Lotery, soos
gemeld op die aansoekvorm om 'n Posinskrywing, gerig word.
10.13 Dit is die verantwoordelikheid van die Intekenaar of, waar van
toepassing, die Ontvanger om by die Intekenaar te bevestig dat die
Sertifikaat die getalle wat hy/sy getrek het, asook die aantal, frekwensie
en aanvangsdatum van die Trekkings korrek weergegee word.
10.14 Indien die getalle in die Posinskrywing of die Sertifikaat verskil van
die getalle wat in Uthingo se sentrale rekenaar opgeneem is, sal slegs
die getalle in die sentrale Uthingo-rekenaarstelsel deelneem aan die
Trekkings en Trekkingsdatums wat daarin opgeneem is.
10.15 Die aanspreeklikheid van Uthingo vir enige verliese gely deur 'n
Intekenaar of 'n Ontvanger as gevolg van enige verskille, hetsy die
verskil veroorsaak is deur 'n daad van Uthingo of sy werknemers,
kleinhandelaars of agente, as gevolg van nalatigheid of andersins, is
beperk tot die koste van die Posinskrywing.
10.16 Daar mag van wenners vereis word om die Sertifikaat en enige ander
identifikasie voor te l as as bewys van eisgeregtigheid.
10.17 Die bepalings van Rel 14 ten opsigte van die indiening van Eisvorms
is van toepassing op Pryswenners wat deur middel van 'n
Posinskrywing deelneem.
10.18 Uthingo behou die reg voor om te eniger tyd 'n gedeelte van die
Lotto Spel of die Spel waarvoor ingeskryf is in geheel te kanselleer,
te wysig of te verander en om enige Posinskrywing of enige
voorwaardes ten opsigte van Posinskrywings sover nodig of van
toepassing te kanselleer, te wysig of te verander om enige sodanige
kansellasie, wysiging of verandering te weerspiel.

10.0 POSINSKRYWINGS (vervolg)
10.19 Indien 'n Trekking gekanselleer word, sal Uthingo die Posinskrywing
verleng tot die volgende Trekking. Indien 'n Posinskrywing
gekanselleer word, sal Uthingo die Intekenaar of, indien van
toepassing, die Ontvanger pro rata vergoed,.
10.20 Indien die Intekenaar sy regte ten opsigte van 'n Posinskrywing aan
'n Ontvanger toegeken het en Uthingo van sodanige toekenning
verwittig het, sal alle regte ten opsigte van die Posinskrywing (behalwe
die aanspreeklikheid vir die betaling van enige geldbedrae wat ten
opsigte van 'n Posinskrywing verskuldig is) volledig in die Ontvanger
gesetel wees.
10.21 Indien 'n Lotto Trekking of enige voorwaardes ten opsigte van
Posinskrywings gewysig of verander word, mag Uthingo die
bestaande Sertifikaat kanselleer en 'n nuwe Sertifikaat uitreik waarin
sodanige wysigings of veranderings aangedui word. Die nuwe
Sertifikaat sal van krag wees vanaf die eerste Trekkingsdatum wat
op die Sertifikaat aangedui word.

11.1 Dit is die alleen verantwoordelikheid van die Speler om ten tyde van
die aankoop te bevestig dat die besonderhede wat op die Kaartjie
aangetoon word ten opsigte van die Getalkombinasie(s), aantal
Rooster(s), Trekkingsdatum(s), en aantal Trekking(s) ooreenstem met
dit wat op die Lotto Koepon afgemerk is of andersins gespesifiseer
is, en dat 'n Reeksnommer en strepieskode op die Kaartjie verskyn.
11.2 Totdat 'n naam en adres op die keersy van 'n Kaartjie aangebring is,
word die toonder van die Kaartjie wat ingevolge die bepalings van
hierdie Rels uitgereik is beskou as die eienaar daarvan vir die
doeleindes van hierdie Rels. Wanneer 'n naam en adres op die keersy
van die Kaartjie aangebring is, onderhewig aan die bepalings van
hierdie Rels, word die persoon wie se naam en adres op die keersy
verskyn vir die doeleindes van hierdie Rels beskou as die eienaar
van die Kaartjie.
11.3 Die Speler is verantwoordelik vir die veilige bewaring van enige
Kaartjie(s).
11.4 Ng Uthingo ng enige Kleinhandelaar is verantwoordelik vir enige
verlies, diefstal, skending of vernietiging van enige Kaartjie of vir
enige foute of weglatings ten opsigte van enige data wat op enige
Kaartjie aangebring is, insoverre die koper van die Kaartjie alleen
die verantwoordelikheid daarvoor dra ingevolge Rel 11.3 hierbo,
ook nie vir enige verliese van welke aard ookal gelei of aangegaan
deur enige persoon as gevolg van enige sodanige voorval of toestand
van 'n Kaartjie nie.
11.5 Dit is die alleenverantwoordelikheid van die Speler om die volle waarde
van die prys waarop hy/sy geregtig is by die kantore van die Nasionale
Lotery of 'n gemagtigde Kleinhandelaar op te eis.
11.6 Die geldigheid van 'n Speler se aanspraak op 'n prys is onderhewig
aan die verifiringsvereistes ten opsigte van Kaartjies soos in hierdie
Rels uiteengesit.
11.0 VERANTWOORDELIKHEID VIR KAARTJIES

12.0 AANKOOP- EN PRYSBEPERKINGS
12.1 Daar is geen algemene reg wat enige persoon die reg gee om 'n
Kaartjie te koop nie. Behoudens die algemeenheid van die Rel, mag
Kaartjies veral nie aangekoop word deur of pryse uitbetaal word aan:
 Enige Minderjarige hetsy hy/sy namens homself of namens 'n
ander persoon optree nie,
 Direkteurs en werknemers van Uthingo of die Nasionale Raad
op Loterye.
 Enige ander persone of kategorie persone soos van tyd tot tyd
deur Uthingo en die Minister bepaal mag word.
12.2 Indien 'n prys desnieteenstaande Rel 12.1 uitbetaal word aan 'n
pesoon in een van die Groepe soos in die betrokke Rel uiteengesit,
moet sodanige prys op versoek aan Uthingo terugbetaal word.
12.3 Uthingo of enige Kleinhandelaar mag, op eie diskresie, weier om
Kaartjies aan enige persoon of persone te verkoop sonder om redes
vir die weiering te verskaf. Hierdie redes mag omstandighede insluit
waaronder die betrokke persoon of persone na die mening van
Kleinhandelaar op 'n wyse speel wat die billike toegang van ander
Spelers tot die betrokke Spel belemmer.
12.4 Lotto Inskrywings mag slegs per hand by Uthingo ingedien word
deur gebruik te maak van die sleutelbord van die Terminaal of deur
middel van 'n Lotto Koepon wat deur of namens die Speler per hand
of deur middel van enige ander prosedures soos goedgekeur deur
Uthingo gemerk is. Spelers moet nie afskrifte of kopie van Lotto
Koepons gebruik of probeer gebruik nie, of enige ander items in die
Terminaal se aftaster plaas wat nie deur Uthingo goedgekeur is nie.

13.1 Die uitslae van elke Trekking sal in die nasionale pers deur Uthingo
uitgereik word en ook op enige ander wyse soos Uthingo van tyd tot
tyd mag bepaal. Uitslae sal na elke Trekking ook so gou as wat prakties
moontlik is by Kleinhandelaars beskikbaar wees.
13.2 Die inligting wat beskikbaar gestel en versprei sal word, is:
 Die datum van die Trekking
 Die Wengetalle
 Die uitkeerbedrag verbonde aan elke korrekte inskrywing in elke
pryskategorie.
 Ander inligting soos van tyd tot tyd deur Uthingo bepaal.
13.3 Die verspreiding en publisering van Wengetalle per telefoon, in die
media en by Kleinhandelaars word slegs ter inligting ingesluit en
Uthingo sal geen pryse uitbetaal op grond van inligting wat, hetsy
vanaf telefoniese hulplyne of uit enige andere bronne afgesien van
die amptelike Trekking soos in Rel 3 hierbo uiteengesit en elektronies
in die sentrale Uthingo-rekenaarstelsel opgeteken, bekom is nie.
13.0 VERSPREIDING VAN INLIGTING OOR
13.0 WENGETALLE

14.1 Alle Lotto Pryse sal betaal word in ooreenstemming met die
prosedures van Uthingo.
14.2 Elke Lotto Prys moet binne 365 dae vanaf die eerste datum waarop
pryse betaalbaar geword het.
14.3 Pryse groter as R50 000 kan slegs persoonlik aan die Eiser of sy
behoorlik gemagtigde verteenwoordiger oorhandig word by 'n
kantoor van die Nasionale Lotery na voltooiing van 'n Eisvorm en
die nodige identiteitskontrole.
14.4 Uthingo behou die reg voor om op eie diskresie in enige ander gevalle
die voltooiing van 'n Eisvorm te vereis.
14.5 'n Eisvorm moet onder die naam van slegs een eienaar van 'n Geldige
Wenkaartjie voltooi word. Uthingo mag hierdie vereiste egter by
uitsondering en volgens sy eie diskresie ter syde stel in die geval van
'n bepaalde eis om 'n prysuitbetaling. Sodanige tersydestelling moet
skriftelik geskied en is onderworpe aan sodanige terme en
voorwaardes soos deur Uthingo vereis.
14.6 Alle Eisvorms moet deur die Eiser voltooi en/of sy/haar behoorlik
gemagtigde verteenwoordiger onderteken word.
14.7 Uthingo mag weier om gelde uit te betaal indien 'n Eisvorm
onvolledig is.
14.8 Indien 'n Eiser nie in staat is om 'n Eisvorm te voltooi nie as gevolg
van enige geregtelike, fisiese of enige ander gestremdheid, sal 'n
behoorlike gemagtigde verteenwoordiger van die Eiser 'n Eisvorm
namens die Eiser voltooi en onderteken.
14.9 Die naam van die Eiser en/of sy/haar behoorlik gemagtigde
verteenwoordiger moet op die Eisvorm vermeld word en die status
van die onderteknaar, indien nie die Eiser nie, moet uiteengesit word.
Uthingo behou die reg voor om bewyse aan te vra ter stawing van die
eisgeregtigheid van die gemagtigde verteenwoordiger.
14.0 BETALING VAN PRYSE EN EISVORMS

14.10 Indien die persoon wat die Eisvorm onderteken 'n persoonlike
verteenwoordiger van die boedel van 'n afgestorwe Speler is, moet
die betrokke persoon saam met die Eisvorm sodanige dokumentasie
indien wat volgens die diskresie van Uthingo voldoende is ter stawing
van sodanige verteenwoordiger se reg om die betrokke prys te
ontvang.
14.11 Die betaling van prysgeld aan die persoon wat op die Eisvorm as die
Eiser of sy/haar behoorlik gemagtigde verteenwoordiger aangedui
is, sal Uthingo, sy beamptes, werknemer, verteenwoordigers,
kontrakteurs en enige ander persoon, firma of maatskappy, soos deur
Uthingo gemagtig om pryse uit te betaal, ten volle en effektief onthef
van enige verdere verpligting om betaling ten opsigte van die betrokke
prys te laat geskied.
14.12 Dit word geag dat 'n persoon wat 'n Eisvorm onderteken het daarmee
te kenne gegee het dat hy/sy geregtig is om die prys op te eis, dat die
inligting daarin bevat akkuraat en volledig is en dat Uthingo onthef
word van enige eise te opsigte van die Kaartjie of lewering van die
prys op grond van enige wanvoorstelling.
14.13 Uthingo is gemagtig om ondersoek in te stel en alle prysgelde wat
aan die Eiser verskuldig is te weerhou (of 'n betaling ten gunste van
die hof te maak) in die geval van enige ongerymdhede in die inligting
wat op die Eisvorm en/of die Kaartjie verskaf is, of op grond van
enige ander rede - volledig volgens eie diskresie - totdat die Eiser
Uthingo kan tevrede stel dat hy/sy die korrekte persoon is aan wie
die prys uitbetaal moet word.
14.14 Indien 'n enkele Kaartjie meer as een wenkombinasie bevat, elkeen
'n afsonderlike Getalkombinasie, sal die totale prysgeld betaal word
in ooreenstemming met die prysuitbetalingsreling soos gespesifiseer
in Rel 14.1.
14.0 BETALING VAN PRYSE EN EISVORMS (vervolg)

14.0 BETALING VAN PRYSE EN EISVORMS (vervolg)
14.15 Ng Uthingo ng enige Kleinhandelaar het enige verpligtinge of
aanspreeklikheid teenoor enige persoon wat 'n belang van welke aard
ookal in 'n verlore of gesteelde Kaartjie opeis as gevolg van die
betaling van 'n prys aan die toonder van 'n ongetekende Kaartjie of
die persoon wat te kenne gee synde die persoon te wees wie se naam
op die keersy van die Kaartjie verskyn, ongeag daarvan of Uthingo
voor die betaling van die prys van die verlies of diefstal verwittig is of
nie. Behoudens die bepalings van die bostaande, sal Uthingo na die
beste van sy vermo sodanige identiteitskontrole uitvoer en ander
sekuriteitsmaatrels toepas as wat Uthingo van tyd tot tyd as billik
en toepaslik beskou ten opsigte van die betaling van enige bepaalde
geldprys en sal Uthingo verder verseker dat enige Kleinhandelaars
of ander persone wat verantwoordelik is daarvoor om pryse uit te
betaal sodanige identiteitskontrole uitvoer en ander
sekuriteitsmaatrels toepas.
14.16 Indien Uthingo, volkome volgens eie diskresie, daarvan oortuig is
dat die toonder van 'n Kaartjie wat vir betaling aangebied word; of
'n persoon wie se naam op die keersy van die Kaartjie aangebring is
of wat 'n Eisvorm voltooi het nie die regmatige eienaar daarvan is of
kragtens wet daarop geregtig is nie, is Uthingo geregtig om die
betaling van enige prysgelde te weerhou in afwagting van die uitslag
van alle toepaslike kontrolemaatrels en navrae.
14.17 Uthingo is onder geen verpligting om geldpryse uit te betaal ten
gunste van 'n Kaartjie nie indien Uthingo bewus is daarvan of
vermoed dat die kaartjie herverkoop is of op enige ander wyse
oorgedra en verhandel is.
14.18 Uthingo is onder geen verpligting om rente te betaal ten opsigte van
enige prysgeld vir enige periode waartydens sekuriteitsmaatrels
toegepas word of enige ander toepaslike navrae onderneem word
ten opsigte van enige Kaartjie wat deur 'n Eiser vir betaling aangebied
is nie, of waartydens 'n dispuut wat verband hou met die geldigheid
van 'n Kaartjie of eis nog nie bygel is nie.

14.0 BETALING VAN PRYSE EN EISVORMS (vervolg)
Posbetalings
14.19 Pryse van R2,000 of minder mag, volkome op eie risiko van die Eiser,
geis word deur die Wenkaartjie saam met 'n voltooide Eisvorm aan
die Nasionale Loterykantoor te pos, gerig aan die adres op die
Eisvorm.
14.20 Die naam en adres van die Eiser moet op die keersy van die Kaartjie
aangetoon word. Indien daar nie 'n naam op die keersy van 'n Kaartjie
wat aan die Nasionale Loterykantoor gepos is verskyn nie, sal die
betaling gemaak word, onderworpe aan die bepalings van hierdie
Rels, aan die persoon wie se naam op die Eisvorm verskyn.
14.21 Uthingo sal sodanige Eiser per tjek betaal in ooreenstemming met
Uthingo se prosedures met dien verstande dat die Kaartjie aan alle
verifiringsvereistes, soos na verwys in hierdie Rels, voldoen
14.22 Uthingo mag in enige bepaalde geval 'n aansoek indien by 'n hof
met die nodige jurisdiksie om te bepaal wie die regmatige ontvanger
is.
14.23 Buiten soos hierbo bepaal kan die reg van enige persoon op 'n prys
nie toegeken word nie.
14.24 Onder geen omstandighede sal enige prys deur middel van dienste
of goedere in plaas van kontant, 'n tjek of 'n elektroniese oordrag
betaalbaar gemaak word nie.

15.1 Enige persoon wat 'n Kaartjie koop of vir verifiring indien of wat 'n
prys opeis in welke hoedanigheid ookal, stem in om homself/haarself
te onderwerp aan die bepalings van die Wet, enige regulasies wat
daarvolgens uitgevaardig word; asook aan die bepalings van hierdie
Rels ten opsigte van Lotto soos van tyd tot tyd deur Uthingo gewysig.
15.2 Dit word geag dat pryswenners bewus is daarvan dat indien Uthingo
kragtens die wet verplig word, en sover daardie verpligting strek, om
'n derde party te voorsien van besonderhede van enige prys wat deur
of namens die pryswenner opgeis is of aan die pryswenner betaal
is, Uthingo geregtig is om sodanige inligting te verstrek.
15.3 Uthingo mag hierdie Rels wysig, aanpas of op enige ander wyse
verander. Sodanige wysigings, aanpassings of veranderings sal van
toepassing wees met ingang van hul ingebruikneming en sal ook
van toepassing wees op vorige Spele insoverre dit betrekking het op
eis- en uitbetalingsprosedures.
15.4 Hierdie Rels, die voorwaardes en verduidelikings wat op Kaartjies
verskyn en enige sodanige voorwaardes wat bepaal word, omvat die
kontraktuele regte en verpligtinge van Uthingo teenoor eienaars van
Kaartjies en Eisers ten opsigte van Lotto. Indien die Rels en die
voorwaardes en verduidelikings op 'n Kaartjie of sodanige ander
voorwaardes soos deur Uthingo bepaal nie strook nie of inkonsekwent
is, geld hierdie Rels.
15.5 Waar die konteks in hierdie Rels dit vereis sluit die onsydige geslag
die vroulike en manlike geslag in en omgekeerd en sluit die enkelvoud
die meervoud in en omgekeerd.
15.6 In die geval dat enige bepaling van hierdie Rels, of die voorwaardes
en verduidelikings wat op 'n Kaartjie verskyn of enige sodanige
voorwaardes soos deur Uthingo bepaal is deur 'n hof met die nodige
jurisdiksie as ongeldig of onafdwingbaar bevind word, sal sodanige
bevinding slegs die betrokke bepaling raak en nie opsigself die oor-blywende
bepalings van die Rels ongeldig of onafdwingbaar laat
nie.
15.0 ALGEMEEN

15.0 ALGEMEEN (vervolg)
16.1 Die Kleinhandelaar word deur Uthingo gemagtig om Kaartjies te
verkoop, pryse ten gunste van Geldige Wenkaartjies uit te betaal en
om die kansellasie van Kaartjies te prosesseer vir Lotto in
ooreenstemming met hierdie Rels, asook om inligting wat deur
Uthingo beskikbaar gestel word oor Lotto te vertoon of daaroor te
beskik. Tensy gespesifiseer in die geskrewe ooreenkoms tussen
Uthingo en die Kleinhandelaar, word 'n Kleinhandelaar nie tot enige
ander optrede of versuim deur Uthingo gemagtig nie.
16.2 'n Foutiewe Kaartjie wat gekoop word is ongeldig en Uthingo se
aanspreeklikheid strek slegs sover as die terugebetaling van die koste
van die Kaartjie.
16.3 Indien 'n Kaartjie gekoop en gekanselleer word in ooreenstemming
met die gewone prosedures wat deur Uthingo gevolg word ten opsigte
van kansellasie of andersins, is Uthingo, of die Kleinhandelaar, soos
die geval mag wees, slegs aanspreeklik vir die terugbetaling van die
koste van die Kaartjie.
16.4 Ng Uthingo ng enige Kleinhandelaar sal onder enige
omstandighede aanspreeklik wees vir enige verlies van welke aard
ookal, insluitende maar nie beperk tot, indirekte of gevolglike verlies
wat deur enige Speler, toonder of eienaar van 'n Kaartjie of Eiser of
enige ander persoon gelei of aangegaan is spruitende uit die
onttrekking van enige Spel of uit die deelname of nie-deelname van
enige persoon aan enige Spel, die verbeuring van die geleentheid
om, vir welke rede ookal, aan sodanige Spel deel te neem ingesluit.
Behoudens die algemeenheid van die voorafgaande, sal ng Uthingo
ng enige Kleinhandelaar aanspreeklik wees teenoor enige persoon
in die spesifieke geval van oormag (force majeure).
16.0 BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID
15.7 Ng enige lid van die Deelnemende Publiek ng 'n Kleinhandelaar
mag enige spesiale ooreenkoms aangaan ten opsigte van die verkoop
van 'n Kaartjie of Kaartjies, buiten die speelwyse soos deur Uthingo
bepaal en in hierdie Rels uiteengesit.

17.1 Onderworpe aan die bepalings van die Rels sal 'n Speler waarvan,
ten opsigte van enige Getalkombinasie, drie of meer getalle
ooreenstem met die Hoofgetalle geregtig wees op 'n prys in die
hoogste pryskategorie waarmee die betrokke getalle verband hou.
17.2 Prysafdeling Sewe beteken dat die Speler drie getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met drie van die ses getalle wat
getrek is. Die betrokke prysafdeling heet DRIE UIT SES
HOOFGETALLE DIESELFDE (" DRIE DIESELFDE").
17.3 Prysafdeling Ses beteken dat die Speler drie getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met drie van die ses getalle wat
getrek is, asook die ooreenstemmende Bonusgetal. Die betrokke
pryskategorie heet DRIE UIT SES HOOFGETALLE PLUS BONUS
DIESELFDE (" DRIE DIESELFDE + BONUS").
16.0 BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID (vervolg)
16.5 Uthingo behou die reg voor om, volkome op eie diskresie, te enigertyd
enige Spel op te skort of te onttrek en/of die speel van enige Spel by
enige Terminaal op te skort of te onttrek op grond van:
16.5.1 die ineenstorting van, of skade aan of vernietiging van die
sentrale Uthingo-rekenaarstelsel of -rekords, of enige gedeelte
daarvan, of;
16.5.2 vertragings en verliese as gevolg van of foute of versuim
deur die posdiens of enige ander afleweringsdiens of die
bankstelsel, of:
16.5.3 enige ander optrede of voorval wat die geldige uitreiking van
'n Kaartjie verhoed, of; weiering om 'n Kaartjie aan enige
persoon te verkoop in ooreenstemming met hierdie Rels.
17.0 WENKOMBINASIES

17.0 WENKOMBINASIES (vervolg)
17.4 Prysafdeling Vyf beteken dat die Speler vier getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met vier van die ses getalle wat
getrek is. Die betrokke pryskategorie heet VIER UIT SES HOOF-GETALLE
DIESELFDE (" VIER DIESELFDE").
17.5 Prysafdeling Vier beteken dat die Speler vier getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met vier van die ses getalle wat
getrek is, asook die ooreenstemmende Bonusgetal. Die betrokke prys-kategorie
heet VIER UIT SES HOOFGETALLE DIESELFDE PLUS
BONUS (" VIER DIESELFDE + BONUS").
17.6 Prysafdeling Drie beteken dat die Speler vyf getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met vyf van die ses getalle wat
getrek is. Die betrokke pryskategorie heet VYF UIT SES HOOF-GETALLE
DIESELFDE (" VYF DIESELFDE").
17.7 Prysafdeling Twee beteken dat die Speler vyf getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met vyf van die ses getalle wat
getrek is, asook die ooreenstemmende Bonusgetal. Die betrokke prys-kategorie
heet VYF UIT SES HOOFGETALLE DIESELFDE PLUS
BONUS (" VYF DIESELFDE + BONUS").
17.8 Prysafdeling Een beteken dat die Speler ses getalle in enige enkele
Getalkombinasie het wat ooreenstem met die ses getalle wat getrek
is. Die betrokke pryskategorie heet SES UIT SES HOOFGETALLE
DIESELFDE (" SES DIESELFDE").

18.1 Die toedeling van die Pryspot aan elke van die pryskategorie sal
geskied in ooreenstemming met die onderstaande bepalings:
18.1.1 Prysgeld wat toegedeel is aan elke pryskategorie sal eweredig
verdeel word tussen die aantal Wenkombinasies in die betrokke
kategorie.
18.1.2 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat in
aanmerking kom vir 'n prys in die Ses Dieselfde kategorie nie, sal
die prysgeld vir hierdie kategorie oorgedra word en bygetel word
by die pryspot vir die Ses Dieselfde-kategorie van die volgende
Trekking.
18.1.3 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat
kwalifiseer vir 'n prys in die Vyf Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
nie, sal die prysgelde vir hierdie kategorie bygevoeg
word by die prysgeld vir die Ses Dieselfde-kategorie van die
betrokke Trekking.
18.1.4 By geleentheid van die vyfde agtereenvolgende Trekking waarin
daar geen Wenkombinasie in die Ses Dieselfde-kategorie voorkom
nie, sal die totale pryspot vir die Ses Dieselfde-kategorie by die
pryspot vir die Vyf Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie gevoeg
word vir die betrokke vyfde Trekking.
18.1.5 Sou daar geen Wenkombinasie voorkom in die Ses Dieselfde-kategorie
in 18.1.3 hierbo en ook nie in die Vyf Dieselfde plus
Bonusgetal-kategorie nie, sal die prysgeld vir die prysgeld vir
beide genoemde kategorie by die pryspot vir die Vyf Dieselfde-kategorie
vir die betrokke Trekking gevoeg word.
18.1.6 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat in
aanmerking kom vir 'n prys in die Vyf Dieselfde-kategorie nie,
sal die prysgeld vir hierdie kategorie by die pryspot vir die Vier
Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie vir die betrokke Trekking
gevoeg word.
18.0 PRYSPOTTE

18.1.7 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat in
aanmerking kom vir 'n prys in die Vier Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
nie, sal die prysgeld vir hierdie kategorie gelykop gedeel
word deur die aantal Wenkombinasies in die Vier Dieselfde-kategorie
en by die pryspot vir die Vier Dieselfde-kategorie vir
die betrokke Trekking gevoeg word.
18.1.8 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat in
aanmerking kom vir 'n prys in die Vier Dieselfde-kategorie nie,
sal die prysgeld vir hierdie kategorie gelykop gedeel word deur
die aantal Wenkombinasies in die Drie Dieselfdeplus Bonusgetal-kategorie
en by die pryspot vir die Drie Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
vir daardie Trekking gevoeg word.
18.1.9 Indien daar in enige Trekking geen Getalkombinasies is wat in
aanmerking kom vir 'n prys in die Drie Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
nie, sal die prysgeld vir hierdie kategorie gelykop gedeel
word deur die aantal Wenkombinasies in die Drie Dieselfde plus
Bonusgetal-kategorie en by die pryspot vir die Drie Dieselfde-kategorie
vir die betrokke Trekking gevoeg word.
18.1.10 In die geval van 'n Afgestelde Trekking, met dien verstande dat
indien Uthingo voor die onmiddellik voorafgaande Trekking
bewus was daarvan, en daar dan in die voorafgaande Trekking:
(a) Geen Wenkombinasies was in die Ses Dieselfde-kategorie
nie,sal die volledige pryspot vir die Ses Dieselfde-kategorie
by die pryspot vir die Vyf Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
vir daardie Trekking gevoeg word.
(b) Geen Wenkombinasies in die Vyf Dieselfde- en Vyf Dieselfde
plus Bonusgetal-kategorie was nie, sal die prysgeld van albei
kategorie by die pryspot vir die Vyf Dieselfde-kategorie vir
daardie Trekking gevoeg word.
(c) Geen Wenkombinasies in die Vyf Dieselfde-kategorie was nie,
sal die prysgeld vir daardie kategorie by die pryspot vir die
Vier Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie vir daardie Trek-king
gevoeg word.
18.0 PRYSPOTTE (vervolg)

18.0 PRYSPOTTE (vervolg)
(d) Geen Wenkombinasies in die Vier Dieselfde Plus Bonusgetal-kategorie
was nie, sal die prysgeld vir daardie kategorie
gelykop gedeel word deur die aantal Wenkombinasies in die
Vier Dieselfde-kategorie vir daardie Trekking.
(e) Geen Wenkombinasies in die Vier Dieselfde-kategorie was nie,
sal die prysgeld vir daardie kategorie gelykop gedeel word
deur die aantal Wenkombinasies in die Drie Dieselfde plus
Bonusgetal-kategorie en by die pryspot vir die Drie Dieselfde
plus Bonusgetal-kategorie vir daardie Trekking gevoeg word.
(f) Geen Wenkombinasies in die Drie Dieselfde plus Bonusgetal-kategorie
was nie, sal die prysgeld vir daardie kategorie
gelykop gedeel word deur die aantal Wenkombinasies in die
Drie Dieselfde-kategorie en by die pryspot vir die Drie
Dieselfde-kategorie vir daardie Trekking gevoeg word.

19.0 TERUGBETALINGS ONDER BEPAALDE
OMSTANDIGHEDE
19.1 In die geval van 'n Afgestelde Trekking sal Uthingo:
(a) 'n Speler terugbetaal wat f net 'n Kaartjie vir die Afgestelde
Trekking of 'n Veelvuldige Kaartjie vir die betrokke Afgestelde
Trekking en ander Trekkings gekoop het. Die uitbetaling sal
gelykstaande wees aan 'n bedrag ter waarde van daardie deel van
die verkoopprys van die Kaartjie soos ten opsigte van die
Afgestelde Trekking betaal is en daarop van toepassing is;
(b) Intekenaars wat in besit is van 'n geldige Posinskrywing vir
Trekkings wat die Afgestelde Trekking insluit daardie gedeelte
van die bedrag wat deur die Intekenaar vir die betrokke
Posinskrywing betaal is ten opsigte van die Afgestelde Trekking
en wat daarop van toepassing is, terugbetaal;
(c) 'n Speler wat in besit is van 'n Kaartjie vir die Afgestelde Trekking
die bedrag terugbetaal wat die Speler normaalweg sou betaal
het indien die Speler die Kaartjie van 'n Kleinhandelaar gekoop
het.
19.2 Enige terugbetalings en betalings ingevolge 19.1(a) en 19.1(c) hierbo
onderskeidelik moet deur die Speler opgeis word. Die metodes
waarvolgens eise en betalings geskied, asook die verifiringsvereistes
ten opsigte van eise, en onderworpe aan (19.3) hieronder ook die
tydperk waarbinne sodanige eise ingedien mag word, sal van tyd tot
tyd volkome volgens eie diskresie bepaal word deur Uthingo, maar
wel onderworpe aan die voorafgoedkeuring van die Nasionale Raad
op Loterye. Daar sal in ieder geval van 'n Speler vereis word om die
Kaartjie voor te l voordat enige terugbetaling of betaling gemaak
sal word.
19.3 Die tydperk waarna in (19.2) hierbo verwys word sal gelykstaande
wees aan 'n tydperk eindigende op geen dag vroer as die dag 90
dae na die datum waarop die Afgestelde Trekking sou plaasgevind
het nie.
19.0 TERUGBETALINGS ONDER BEPAALDE
13.0 OMSTANDIGHEDE

19.0 TERUGBETALINGS ONDER BEPAALDE
13.0 OMSTANDIGHEDE (vervolg)
19.4 Enige terugbetaling ingevolge (19.1 b) hierbo sal op sodanige wyse
en binne sodanige tydperk soos van tyd tot tyd volkome volgens eie
diskresie deur Uthingo bepaal, maar wel onderworpe aan die
voorafgoedkeuring van die Nasionale Raad op Loterye.
19.5 Ng Uthingo ng enige Kleinhandelaar sal onder enige
omstandighede aanspreeklik wees vir die betaling van rente ten
opsigte van fondse of betalings ingevolge hierdie Rel 19.
19.6 Om enige twyfel uit die weg te ruim sal hierdie paragraaf nie van
toepassing wees op enige Trekking wat vertraag of uitgestel word of
op enige Trekking wat afgestel is maar nie ingevolge hierdie Rels as
'n Afgestelde Trekking gedefinieer word nie.

20.0 BINDENDE BESLUITE VAN UTHINGO
20.1 Uthingo se beslissing oor of 'n Kaartjie 'n Wenkaartjie is of nie of oor
enige ander saak of dispuut spruitende uit die betaling of toekenning
of nie-betaling of nie-toekenning van pryse is finaal en bindend ten
opsigte van alle Spelers en enige ander persoon of persone met enige
belang in die saak of dispuut. In die geval van 'n dispuut ten opsigte
van 'n Wenkaartjie, 'n Eisvorm, of die uitbetaling of toekenning van
enige prys, is Uthingo geregtig om betaling van die prys te weerhou
en/of 'n gelykwaardige betaling aan die hof te maak totdat die dispuut
bygel is.

21.1 Hierdie Rels en die regte en verpligtinge van Uthingo en Spelers
soos hierin uiteengesit is in alle opsigte onderworpe aan en sal
genterpreteer word in ooreenstemming met die wette van die
Republiek van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Howe sal daaroor
jurisdiksie h.
21.0 WETGEWING
22.0 ANDER TALE
22.1 Lotto Spelrels is op versoek verkrygbaar in ander tale van die
Nasionale Lotery, Privaatsak X72, Auckland Park, 2006 of skakel die
Speler Thusong by 0800 40 30 40 (Tolvry) tussen: 06.00 en 23.00
Maandag tot Saterdag; 06.00 en 18.00 Sondae.



